Toro Lodge Logo

TORO SAFARI LODGE

Uitstekende waarde vir geld in Kazangula naby Kasane en Chobe Wildreservaat.

STUUR EPOS
ENGLISH
TUISBLAD
BOTSWANA AKKOMMODASIE PRYS EN BESPREKINGS ANDER CHOBE AKKOMMODASIE
Toro Lodge Chobe Botswana

Toro Lodge se grootste verrassing is uitstekende waarde vir geld. Die lodge bied ‘n asemrowende uitsig oor die magtige Chobe-rivier.

Die heerlike gasvryheid sal jou dadelik tuis laat voel en jy sal baie gerieflike akkommodasie in rondawel-styl kamers geniet. Alle kamers is en-suite, met tee-/koffie-stasies, waaiers of lugversorging en ‘n keuse van enkel- of dubbelbeddens.

Toro lodge is op die oewer van die Chobe-rivier geleë. Die gebied van 2.7 ha op die rivieroewer is baie goed geleë en het ‘n wonderlike uitsig op die rivier en die Impalila-eiland.

Die lodge is in die noordelike hoek van Botswana, waar vier Afrikalande bymekaarkom. Oorkant die Chobe-rivier is Namibië, na die ooste oor die Zambezi-rivier is Zambië en na die suide is Zimbabwe.

Die gebied word Kazungula genoem en die Victoria-watervalle is net 70 km padlangs. ‘n Rit van ‘n paar minute in die westelike rigting bring jou by Kasane – die poort na die Chobe Nasionale Park, wat een van die hoof-wildbesigtigingsgebiede van Botswana is.

Toro Lodge bied vir jou gerieflike en bekostigbare, mooi akkommodasie in individuele en-suite chalets met lugversorging.

Die kampplekke het die voordeel van private ablusiefasiliteite, kragpunte, warm/koue storte, opwasbakke en braaiplekke.

 Toro Lodge Chobe National Park Dinning room
Toro Lodge Chobe national Park Bedroom
Toro Lodge Chobe Game Reserve Swimming Pool
Chobe National Park Toro Lodge
 

Rooms or sleeping units at Toro Lodge

Bedroom toro lodge

 

BOTSWANA

Toro Lodge is een van die bekostigbare lodges in of naby die Chobe National Park. As jy voel jy wil liewe jouself met 'n meer luukse ervaring bederf, kan jy die Chobe Safari Lodge in Kasane op die grens van die Chobe reservaat oorweeg. Die Mowana Safari Lodge is nog 'n trappie hoër en is bekend vir hulle golfbaan. Senyati Safari Lodge bied selfsorg eenhede in die bos. 'n groot hoeveelheid wild besoek die kamp. Op pad terug na Suid-Afrika besoekers kan in Cresta Lodge in Gaborone oorbly. Dit is 9 ure se ry van Toro Lodge in Kasane. 

SUID-AFRIKA

Daar is veskeie moontlikhede in Suid-Afrika wat 'n mens kan gebruik as jy die lang pad vat van Toro na die Kaap. 

NAMIBIE

Sossusvlei Desert Camp is regtig die moeite werd om te besoek in Namibia. Dit sal tenminste drie dae neem om van Kasane na Sossuvlei te ry.

ZIMBABWE

Jameson Hotel in Harare isbinne 'n dag se ry vanaf Toro Lodge en die Chobe. Dit is 'n uiters goeie hotel en is sentral geleë in HarareInn On Rupurara in die Nyangaberge in Zimbabwe is 'n gawe boutique hotel. Fothergill Island is weer 'n luukse opsie op 'n eiland in die Kariba.  Die eiland lê binne in die Matusadona Nationale Park van Zimbabwe.